Author: Kwesi Kwaa Prah (ed.)

ISBN No: 978-1-920287-30-6
Cost: 120.00

Die hoofonderwerp was die kwessie van die standaardisering van Afrikaans en die gevolge van die historiese uitsluiting van die taalvariëteite daarvan. Hoofsaaklik dan oor die maak van woordeboeke en spelreëls, en die vestiging van Afrikaans as skooltaal, kerktaal, universiteitstaal en amptelike taal, waar die verskillende variëteite van Afrikaans nie in ag geneem is nie. …
Ampie Coetzee
 
Afrikaans het as taal tot stand gekom omdat die slawe van Asiatiese en Afrika-oorsprong, asook die onteiende Khoekhoe, Nederlands moes aanleer om in interaksie met hul meesters en met mekaar te kon oorleef en funksioneer in die steeds uitbreiende kolonie van die VOC, so is daar al beweer. Dit is na my mening die eenvoudigste en helderste verklaring omtrent die oorsprong van Afrikaans en een waaroor almal van ons wat belang by die saak het, kan saamstem. …
Neville Alexander
 
Die variëteite van Afrikaans behoort oral en altyd ingesluit te word en behoort nêrens ’n buitestander te wees nie! By die insluiting van die variëteite het elke spreker van hierdie variëteite ’n bydrae te lewer en ’n verantwoordelikheid. En van Standaardafrikaans se kant af kort daar ’n gesindheidsverandering sodat Afrikaans, Afrikaans kan word in sy volle omvang. …
Dirk van Schalkwyk