Contact Us

HONNEURSSTUDIE

In oorleg met die Departement stel elke student 'n Honneurskursus saam, bestaande uit:

4 MODULES (2 kern modules + 2 keuse modules)

AFR 701: Navorsingsopstel

AFR 732: Literêre teorie


KEUSEMODULES:

AFR743: Afrikaanse Poësie

AFR736: Afrikaanse Taalstruktuur

AFR744: Narratief binne Suid-Afrikaanse verband

AFR745: Tydgenootlike Nederlandse Letterkunde

AFR747: Kreatiewe Skryfwerk


MEESTERSGRAAD en PhD

  1. Die Meestersgraad en PhD is onderhewig aan die algemene reglemente soos uiteengesit in die Jaarboek van die Fakulteit Lettere en Geesteswetenskappe (Faculty of Arts and Humanities Calendar).
  2. 'n Meestersgraadkursus in Afrikaans en Nederlands (Letterkunde of Taalkunde) vereis die voorlegging van 'n verhandeling wat van sorgvuldige navorsing en onafhanklike kritiese oordeel bewys lewer.
  3. Die departement bied tans slegs 'n tesis M.A. en PhD aan. In oorleg met 'n gekose studieleier skryf 'n student 'n verhandeling / proefskrif oor 'n onderwerp in die Afrikaanse taal- of letterkunde. Sodanige verhandeling/proefskrif is onderhewig aan die reëls en prosedures van die fakulteit en senaat se nagraadse komitees.
Loading...