Hoof van die Departement
Dr D Lawrence, BA HDE BA (Hons) (UWC) MA (RAU) PhD (UJ)
Dr D Lawrence, BA HDE BA (Hons) (UWC) MA (RAU) PhD (UJ)Tel: +21 959 2112/3
Biografie
Prof. Steward van Wyk is professor en voorsitter van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy behaal sy doktersgraad in 1999 met ’n proefskrif getitel Adam Small: Apartheid en Skrywerskap. Hy doseer Afrikaanse letterkunde en doen navorsing oor postkoloniale letterkundes in Afrikaans en Nederlands.Hy is die voorsitter van die Jan Rabie en Marjorie Wallace Bestuurskomitee en dien op die raad van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument asook op die direksie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Helpmekaar Studiefonds (HSF).
Hy is mede-samesteller (saam met Sonja Loots) van Die nuwe Afrikaanse Prosaboek wat in 2018 deur Human en Rousseau gepubliseer is. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings onder andere die 2017 Sarton Medalje van die Universiteit van Gent in België.
Publikasies
- Narrating the past: Reflections on recent Black Afrikaans writing. Tydskrif vir Letterkunde 55 (1): 70-
- 80, 2018
- Spore in die sand, oftewel regionale literatuur en aktualiteit: ’n perspektief uit enkele Noord-Kaapse
- tekste. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 25 (1):76-86, 2018.
- Adam Small se identiteitskonstrukte. In: Adam Small: Denker, Digter, Dramaturg. J van der Elst (ed.).
- Protea Boekhuis, 2017.
- Wai Nengre:’n verdere ondersoek na tendense in die letterkundes van drie voormalige Nederlandse
- kolonies. Tydskrif vir Letterkunde, 52 (2): 35-47, 2015.
- Moord en muitery: Die verhaal van ’n slaweskip in twee jeugromans. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 22 (2): 60-70, 2015.
Akademiese Personeel
Posisie: Departementshoof en Senior Lektor / Head of Department and Senior Lecturer
Tel: Tel: +27 21 959 2362
Epos: dlawrence@uwc.ac.za
Biografie
Dr. Donovan Lawrence is die Voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands en ‘n senior lektor in Taalkunde. Sy loopbaan begin as hoërskool Afrikaansonderwyser in 1988, waarna hy doseer aan ‘n onderwyskollege en verskeie universiteite insluitend Unisa, Wits en UJ. Sy voorgraadse en nagraadse kwalifikasies in Afrikaans verwerf hy aan die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van Johannesburg. Dit sluit in ’n BA in 1986; ‘n Hoër Onderwysdiploma in 1987; ‘n Honneursgraad in Afrikaans in 1993; ‘n MA (Cum Laude) in 1998 en ‘n PhD in 2004. Sy doktorale proefskrif handel oor: Rekenaargebruik vir die aanleer van Afrikaans. Dr. Lawrence is tans Umalusi se nasionale, eksterne eksaminator vir Afrikaans EAT en TAT matriekvraestelle. Hy is ook die skrywer van verskeie navorsingsartikels en medeskrywer van die boek Afrikaansmetodiek deur ‘n nuwe bril wat in 2014 verskyn het.
Onlangse publikasies
- Lawrence, D. 2024. ’n Introspektiewe verkenning van die gevoelswaarde, betekenis en gebruik van enkele emoji’s / An introspective investigation into the sentiment, meaning and use of selected emojis. Litnet Akademies (Geesteswetenskappe) 21/2: 145–184. https://www.litnet.co.za/n-introspektiewe-verkenning-van-die-gevoelswaarde-betekenis-en-gebruik-van-enkele-emojis/
- Lawrence, D. 2022. Afrikaansstudente se gebruik van emoji’s / Afrikaans students’ use of emojis. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 62/4: 743–765. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a8
- Lawrence, D. 2021. Afrikaansstudente se gebruik van WhatsApp as leerplatform: ‘n nuwe norm(aal)? / Afrikaans students’ use of WhatsApp as a learning platform: a new norm(al)? Litnet Akademies (Opvoedkunde) 18/1. https://www.litnet.co.za/afrikaansstudente-se-persepsies-en-gebruik-van-whatsapp-as-platform-vir-taal-leer-n-nuwe-normaal/
- Saal, E. & Lawrence, D. 2019. “Ons skryf soos ons praat”: Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners / “We write the way we speak”: Informalisation of the written Afrikaans among Afrikaans teenagers. Litnet Akademies 16/1. https://www.litnet.co.za/ons-skryf-soos-ons-praat-informalisering-van-geskrewe-afrikaans-onder-afrikaanse-tieners/
Epos: mbonthuys@uwc.ac.za
Biografie
Dr Marni Bonthuys is ‘n senior lektor in Afrikaans en Nederlands. Sy het studeer aan Universiteit Stellenbosch en Universiteit Leiden, Nederland. Haar navorsingsfokus is literatuursosiologie, kanonisering en feminisme in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Tans is sy die redakteur van die akademiese joernaal, Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek. Sy dien ook op die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.Epos: cess@uwc.ac.za
Courtneigh Ess is ’n dosent in Afrikaanse letterkunde en ’n geregistreerde PhD-kandidaat in die Departement van Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy het haar voor- en nagraadse kwalifiasies in dieselfde departement behaal, waaronder ‘n BA-graad(cum laude), Honneurs (cum laude) en Meesters (cum laude). Haar navorsingsbelangstelling sluit hoofsaaklik swart feminisme, Afrika-gesentreerde studies en argivale ondersoeke in. In haar Meestersverhandeling het gefokus op die interseksionele uitbeelding van swart vroue in misdaadfiksie. Haar PhD is inter-dissiplinêr van aard en stel ondersoek in na die uitbeeldings van Overbergse vroue in die Afrikaanse letterkunde en argivale tekste.
Geakkrediteerde Publikasies:
- Ess, C. 2024. “'n Feministiese ‘n Feministiese Ondersoek na Bettina Wyngaard semisdaadfiksie". Tydskrif vir Letterkunde 61 (1).
- Ess, C. Bonthuys, M. 2020. Die representasie van die interseksionele vroulike subjek in Vuilspel van Bettina Wyngaard.
- TNA, 27 (1).
- Ess, C. 2022. “Ons het ver (...) versit deur Patrick J Petersen: ‘n Boekresensie. Litnet.
- Ess, C. 2021. “Het Andere postkoloniale oog”: ’n resensie. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 27 (1).
- Ess, C. 2021. “Swart vroue en romantiese fiksie”. Stilet, 33(2).
Epos: clindt@uwc.ac.za
Carla Lindt is ’n lektor en PhD-kandidaat in die Departement Afrikaans & Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. In 2019 het sy haar loopbaan as ’n hoërskool onderwyser begin. Sy verwerf haar voorgraadse en nagraadse kwalifikasies aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Dit sluit in ’n BA in 2018; ’n Honneursgraad (Cum Laude) in Afrikaans in 2019, ’n Nagraadse Sertifikaat in Onderwys in 2019 en ’n Meestersgraad in Afrikaans in 2024. Haar navorsingsbelangstelling is grootliks Afrikaanse variasietaalkunde en sosiolinguistiek. Haar meestersverhandeling fokus op die integrasie van dialek in die klaskamer, terwyl sy in haar PhD-studie ’n korpuslinguistiese ondersoek doen na hoe Sabela, ’n nie-standaardvariëteit van Afrikaans, in geskrewe vorm manifesteer.
Publikasies
Geakkrediteerde publikasie
- Lindt, C en Lawrence, L. 2025. Fout-analise en informalisering as benaderings tot die assessering van Kaaps in die skryfwerk van hoërskoolleerders. Tydskryf vir Nederlands en Afrikaans.
Nie-geakkrediteerde publikasies
- Lindt, C. 2025. Kompoun deur Ronelda Kamfer, Kwela, 2021. Vertaler: Alfred Schaffer. Resensie. Tydskryf vir Nederlands en Afrikaans.
- Lawrence, D. & Lindt, C. 2023. Op de kaart! Jonge schrijvers vernieuwen het Afrikaans. Armada: Tijdsschrift voor het wereldliteratuur, 22(78): 16-18.
Posisie: Deeltydse dosent
Epos: fjeftha@uwc.ac.za (4012227@myuwc.ac.za)
Tel: (021) 959 2112
Biografie
Mev. Fatima Jeftha is 'n deeltydse dosent vir Taalverwerwing/Taalkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar voorgraadse en nagraadse kwalifikasies in Afrikaans verwerf sy aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Dit sluit in BA graad (Cum Laude) in 2022 en BA Honneursgraad in Afrikaans in 2023. Sy is tans 'n Magister Artium kandidaat in die Departement Afrikaans en Nederlands by Universiteit van Wes-Kaapland. Haar navorsingsveld fokus op die gebruikswaarde van multidialektiese tekste in die onderrig van Afrikaans. Sy word aangewys as die tweede beste aanbieder en ontvang die "Best First-time Presenter Award :Runner-Up" by die Southern African Linguistics and Applied Linguistics Society (SALALS) 2025 Konferensie wat in Junie 2025 by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha aangebied.
