Contact Us

Die Departement Afrikaans en Nederlands het die volgende Navorsingsnisse (Research Niche Areas):

  • Swart Afrikaanse skryfwerk (Black Afrikaans writing)

  • Variasietaalkunde (Variational linguistics)

  • Afrikaans in die digitale omgewing / (Afrikaans in the digital environment)  

1. Swart Afrikaanse skryfwerk (Black Afrikaans writing)

Reeds in 1985 het die departement die eerste simposium oor Swart Afrikaanse skryfwerk gehou. Dit was ‘n belangrike geleentheid om bestek op te neem van die groepering skrywers wat buite die hegemonie en establishment staan en fel reageer op apartheid en alternatiewe kulturele praktyke tot stand bring. Skrywers soos Peter Snyder, Melvin Whitebooi en ander sou hulle stem laat hoor en aandring op groter verteenwoordiging in die Afrikaanse literatuursisteem. In 1995 het die tweede simposium gevolg waarvan die verrigtinge gepubliseer is as ‘n Reis na Paternoster. Tydens hierdie geleentheid het Patrick Petersen en ‘n groep jonger skrywers strydvaardig na vore getree en begin om hulle eie werk te publiseer as verset teen die houvas van establishment uitgewerye. In 2005 het gevolg die 3de simposium, gepubliseer as ‘n Vlag aan die tong waartydens dit reeds duidelik was dat bruin/swart skrywers en persone in die uitvoerende kunste gevestig raak het. Met die 4de simposium in 2015, onder die titel “Nuwe paradigmas vir Afrikaans”, was die beweging om die veranderinge wat hierdie groep skrywers en letterkundiges teweeggebring het, vas te lê kon en uit te bou. Die beplande simposium van 2025 sal plaasvind binne ‘n konteks waarin bruin Afrikaanssprekendes die grootste persentasie van die spraakgemeenskap uitmaak en waarin bruin/swart skrywers tans die toon aangee in die Afrikaanse letterkunde.

Heelwat studies oor verteenwoordigende figure soos EKM Dido, Bettina Wyngaard, Ronelda Kamfer, Elias P. Nel en ander het uit hierdie fokus gevloei. Ook studies oor die verskynsel van Swart Afrikaanse gemeenskapstoneel en die rol van die Cape Flats Players spruit hieruit.

‘n Fokus op Swart Feminisme bring tans ‘n verruimende blik op die literêre produksie van jonger skrywers soos Veronique Jephtas, Lynthia Julius, Shirmoney Rhode en Jolyn Philips. Hierdie perspektiewe word deurgaans gesiteer deur letterkundiges van oral oor wat ‘n aanduiding gee van die impak van departementslede op hierdie terrein. Dr Bonthuys is ook die gasredakteur van ‘n spesiale uitgawe Tydskrif vir Letterkunde oor Suid-Afrikaanse feminismes wat in 2024 verskyn.

Die volgende tersaaklike nagraadse studies oor hierdie onderwerp is onlangs voltooi:

  • Maxeen Loff (Hons) 2022: Ruimte en identiteit in Ronelda Kamfer se debuutroman Kompoun (2021)
  • Courtneigh Ess (MA) 2021: ‘n Interseksionele lees van Bettina Wyngaard se misdaadtrilogie
  • Tenita Kidelo (MA) 2021: Afrikaanse feminisme in Afrikaanse en Nederlandse poesie met betrekking tot die werke van Ronelda Kamfer en Simone Atangana Bekono: ‘n Vergelykende studie
  • Teneal Apollis (MA) 2021: ‘n Analise van die moeder-dogter-verhouding in geselekteerde werke van swart Afrikaanse vrouedigters
  • Tamlyn Swartbooi (Hons) 2021: ’n Vergelykende studie van die interseksionele vrou in Ronelda Kamfer se Chinatown (2019) en Veronique Jephta se Soe rond ommie bos (2021)
  • Rachel Ockhuis (Hons) 2021: ’n Feministiese analise van die uitbeelding van vroue teenoor mans in geselekteerde populêre romantiese verhale deur Ena Murray.
  • Leona Conradie (Hons) 2019: ’n Vergelykende studie van die feministiese merkers teenwoordig in die werke van Ronelda Kamfer en Radna Fabias.
Lede van die departement het die volgende publikasies oor hierdie onderwerp gelewer:
  • Dr Marni Bonthuys: ‘n Interseksionele ondersoek: Godsdiens, feminisme, identiteit en behoort in geselekteerde digbundels, Tydskrif vir Letterkunde, 61(1), 2024
  • Me Courtneigh Ess (deeltydse dosent): ‘n Feministiese ondersok na Bettina Wyngaard se misdaadfiksie, Tydskrif vir Letterkunde, 61(1), 2024
  • Dr Marni Bonthuys: Chinatown (2019) en Soe rond ommie bos (2021). Gendergeweld en feminisme: recente geëngageerde poëzie, Armada, 2 (2023)
  • Me Courtneigh Ess and Dr Marni Bonthuys: Die representasie van die interseksionele vroulike subjek in Vuilspel deur Bettina Wyngaard, Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 27(1), 2021
  • Dr Marni Bonthuys: Postkoloniale feminisme in die Afrikaanse poësie: Die debute van Ronelda S. Kamfer, Shirmoney Rhode en Jolyn Phillips, LitNet Akademies, 17(1), 2020.
Referate by plaaslike en internasionale kongresse is voorts deur die volgende personeellede en studente:
  • Dr Marni Bonthuys:  
"Swart vrouedigters in die Nederlandse letterkunde”, Internasionale Vereniging vir Neerlandistiek-konferensie, Universiteit Nijmegen, Nederland, 2022
- Feminisme, godsdiens en transnasionalisme: ’n Verkennende interseksionele ondersoek na geselekteerde resente digbundels in Afrikaans en Nederlands”, Konferensie van die Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika, Universiteit van Amsterdam, Nederland, 2021.
“Swart feminisme as transnasionale verskynsel”, 5de Gentse Colloquium over het Afrikaans, Gent, Belgie, 2018
“Feministiese stemme in Afrikaans: Enkele resente digdebute”, Kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV), Stellenbosch Universiteit, 2018.

 
  • Me Courtneigh Ess: 
“‘Ek is Bettina Wyngaard, en ek is ‘n feminis’: Gender, genre en ideologie in Wyngaard se misdaadfiksie”, Kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV), Nelson Mandela Universiteit, 2023
“Die representasie van die interseksionele vroulike subjek in Vuilspel van Bettina Wyngaard”, USAN-kongres vir Jong Navorsers, Stellenbosch Universiteit, 2021
“Krotoa: Mother of Many”, UNCF Summer School, Emory University, VSA, 2019.

 

2. Variasietaalkunde (Variational linguistics)

Hierdie department se verbintenis tot taalvariasie en ‘n gelykevlakbenadering tot die bestudering van Afrikaans in sy volle reikwydte is tans sigbaar nie net in die voorgraadse en nagraadse modules wat aangebied word nie, maar veral ook die nagraadse studies wat studente lewer. 

Onder die studieleiding van dr Donovan Lawrence is die volgende tersaaklike nagraadse studies voltooi: 
  • Carla Lindt (MA) 2024: Die invloed van Kaaps op die skryfwerk van Afrikaanssprekende leerders 
  • Fatima Jeftha (Hons) 2023: ‘n Sosiolinguistiese ondersoek na die insluiting van dialekte in die Afrikaans kurrikulum
  • Tyron de Villiers (Hons) 2023: Vertaaloplossings vir Kaaps-dialekpoësie
  • Emmarentia Baartman (Hons) 2023: Dialektiese variasie in Karoo-Afrikaans
  • Tamia Jackson (Hons) 2022: ’n Sosiolinguistiese ondersoek na die Afrikaans van bruin inwoners van Queenstown
  • Zenobia Smith (Hons) 2022: Die Omgangsafrikaans van De Doorns: ʼn sosiolinguistiese ondersoek 
  • Perlin Marnewil (Hons) 2022: Die Afrikaans van bejaardes in die Suid-Kaap-omgewing: ’n sosiolinguistiese ondersoek
  • Keanen van Wyk (Hons) 2022: ‘n Sosiolinguistiese ondersoek na variasies van Namakwalandse Afrikaans in Springbok 
  • Rudi Hendricks (Hons) 2021: ’n Sosiolinguistiese ondersoek na Kaaps in die klaskamer 
  • Dylon Hess (Hons) 2021: ’n Dialektologiese studie van die fonologiese kenmerke van Klein-Karoo Afrikaans
  • Nabilah Mowzer (Hons) 2020: Bynaamgewing in die Swellendam omgewing: ‘n sosio-onomastiese studie 
  • Romario Cloete (Hons) 2020: ’n Sinchroniese ondersoek na die fonologiese kenmerke van hedendaagse Namakwalandse Afrikaans 
  • Shannon Bodlani (Hons) 2020: Die invloed van Khoi op hedendaagse Afrikaans
  • Qulen Lottering (Hons) 2020: Variasies van Kaaps binne die Scottsdene en Eikendal areas van Kraaifontein 
  • Carla Lindt (Hons) 2019: ‘n Ondersoek na Kaapssprekendes se houdings teenoor die gesproke en geskrewe aard van Kaaps 
  • Alicia Lewis (Hons) 2019: ’n Gesproke korpusprojek van Afrikaans onder bruin moedertaalsprekers in Darling
Lede van die departement het die afgelope jare wyd gepubliseer in die veld van variasietaalkunde. Publikasies sluit in: 
 
Prof Frank Hendricks (tans emeritus professor in die departement) se publikasies: 
  • Die boek, Taalkundige essays - ‘n gerf uit die vroegskemer, wat in 2017 verskyn https://www.jstor.org/stable/j.ctv1nzg2hc 
  • Die artikel, Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel, wat in 2014 op Litnet verskyn https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC157489 
  • Die boek, Kaaps in Fokus, wat in 2014 (Frank Hendricks en Charlyn Dyers) gepublieer word https://books.google.co.za/books?id=yuq9DwAAQBAJ&printsec=copyright&redir_esc=y#v=onepage&q&f=false 
Dr Donovan Lawrence publiseer 
  • Plaaslik: Saal, E. & Lawrence, D. 2019. “Ons skryf soos ons praat” Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners.  Litnet Akademies 16/1. https://www.litnet.co.za/ons-skryf-soos-ons-praat-informalisering-van-geskrewe-afrikaans-onder-afrikaanse-tieners/ (Hierdie artikel is met die ATKV-SA Akademieprys in 2021 as beste artikel bekroon)   
  • Internasionaal: Lawrence, D. & Lindt, C. Afrikaans in transformatie - Op de kaart! Jonge schrijvers vernieuwen het Afrikaans. Armada - Tijdschrift voor wereldliteratuur - p. 16 - 17.  https://www.nederlandseboekengids.com/nummers/armada-2023-2/ 
In die Departement se strewe na ‘n meer inklusiewe en volledige beskrywing van Afrikaans en die Afrikaanse taalkunde word daar ook uitgereik na Afrikaansdepartemente by ander universiteite: 
 
  • In 2017 word daar in samewerking met die Afrikaansdepartement van die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley ‘n kongres gehou met die tema: “Oranjerivierafrikaans: van gemarginaliseerde en aanspraakmaker tot deelgenoot” (Die refereate gelewer verskyn in die 2018-uitgawe van die  Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans /https://b3f77c64-2d72-45e8-b3d8-aba14b158ae9.filesusr.com/ugd/1ca66c_77df0c7ee2614910aa40e46bf325c311.pdf

3. Afrikaans in die digitale omgewing / (Afrikaans in the digital environment)

Dit is vir hierdie departement verder belangrik om op hoogte te wees van intydse invloede wat tegnologie op taalverandering sowel as die onderrig van Afrikaans het: 

Onlangs voltooi studente die volgende nagraadse studies: 
  • Kurt Rabie (Hons) 2023: Afrikaansleerders se houdings teenoor die gebruik van WhatsApp vir die ontwikkeling van taalvaardighede 
  • Jamie-Lee Skermand (Hons) 2023: Die gebruik van TikTok vir die hantering van taalagterstande in ‘n Afrikaans EAT klaskamer 
  • Melodine Johnson (Hons) 2022: Die voorkoms van vloekwoorde in aanlyn kommunikasie en gesproke vorm 
en verskyn die volgende publikasies: 
 
  • ‘n Hoofstuk in die boek: Toegepaste Taalkunde in Afrikaans (2022)
Lawrence, D, Louw, H. & Van der Merwe, M. Rekenaarondersteunde Taalonderrig. In: W.A.M. Carstens & T.J. van Dyk (Reds) Toegepaste Taalkunde in Afrikaans. Pretoria: Van Schaik
 
  • Die volgende artikels: 
2024 Lawrence, D. ’n Introspektiewe verkenning van die gevoelswaarde, betekenis en gebruik van enkele emoji’s. Litnet Akademies

2022   Lawrence, D. Afrikaansstudente se gebruik van emoji’s Tydskrif  vir Geesteswetenskappe 62/4: 743–765. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n4a8    
 
2021   Lawrence, D. Afrikaansstudente se gebruik van WhatsApp as leerplatform: ‘n nuwe norm(aal)? Litnet Akademies (Opvoedkunde) 18/1. https://www.litnet.co.za/afrikaansstudente-se-persepsies-en-gebruik-van-whatsapp-as-platform-vir-taal-leer-n-nuwe-normaal/ 

2016   Lawrence, D. Students’ Experiences of Using Mobile Phones for Afrikaans Vocabulary Development. Journal for Language Teaching 50/1: 79 – 101. https://www.ajol.info/index.php/jlt/article/view/144392  


 
Apply Now
Loading...