Contact Us

EERSTEJAARSVLAK

AFRIKAANS TAALVERWERWING / AFRIKAANS LANGUAGE ACQUISITION (AFR 101)

  • Listening exercises are done to expose learners to Afrikaans. Situations that would be covered in the first term include: forms of greeting, their personal life, family life and campus life.
  • Learners should also acquire basic speaking skills based on the work done in the first term as well as other related contexts. Elementary written exercises will be introduced at this stage.
  • In the second semester learners will be exposed to more sophisticated language, structured around selected themes such as violence, the constitution, AIDS, famous figures, etc.
  • Listening, reading, speaking and writing skills will be developed.
 

AFRIKAANS PRAKTIES 111 (AFP 111)

Aan die hand van verskillende tekste word luister-, lees-, mondelinge en skryfvaardighede geoefen. Klem sal toenemend val op korrekte skryf.


AFRIKAANS PRAKTIES 121 (AFP 121)

Aan die hand van ’n verskeidenheid tekste (waaronder begroepsgerigte en akademiese tekste) word luister-, lees-, mondelinge- en skryfvaardighede geoefen. Klem sal toenemend val op korrekte skryf en akademiese geletterdheid.


AFRIKAANS EN NEDERLANDS 111: AFRIKAANSE TEKSSTUDIES (AFN 111)

Hierdie module word onderlê deur ’n pragmatiese benadering tot teksanalise. ’n Verskeidenheid Afrikaanse tekste word ontleed ten einde die struktuur van hierdie tekste bloot te lê en die kontekstuele faktore wat taalkeuses beïnvloed, te verstaan. Die aard en relevansie van uiteenlopende benaderings tot linguistiese en teks-analise word bestudeer met spesiale aandag aan die pragmatiese benadering.
 

AFRIKAANS EN NEDERLANDS 121: AFRIKAANSE TEKSPRAGMATIEK (AFN 121)

Hierdie module konsentreer op die konsep “teks” en verskillende tekstuele vorme. Aandag word gegee aan die gebruik van retoriek in tekskonstruksie en die betekenis van diskoersanalise. Verskillende tekstipes, o.a. koerantberigte, dramas en gedigte word ontleed. Teksskepping vorm ’n integrale deel van die module. Alle aspekte van die module is gerig op die ontwikkeling en slyp van studente se kritiese denk- en skryfvaardighede. 

TWEEDEJAARSVLAK

AFRIKAANS EN NEDERLANDS

1STE SEMESTER 2DE SEMESTER
DIE AFRIKAANSE DIGKUNS (AFR 211)

Hierdie module fokus op die ontwikkeling van die Afrikaanse digkuns en ondersoek die oeuvres van die belangrikste Afrikaanse digters. Daar word veral aandag gegee aan die voorkoms van sekeredigsoorte en temas.
AFRIKAANSE LITERATUUR B: AFRIKAANSE PROSA (AFR 221)

Hierdie module onderneem ’n studie van die Afrikaanse narratief aan die hand van geselekteerde kortverhale en romans ten einde die struktuurelemente van sodanige tekste te identifiseer en te analiseer. Die kursus begin met ’n oorsig van die tendense en strominge in die Afrikaanse prosatradisie. Daarna word kortverhale behandel, gevolg deur romans. Die analise word verruim met ’n perspektief op die sosio-politieke konteks en die neerslag daarvan in die teks.
TAAL AS SOSIALE KONSTRUKSIE (AFR 212)

Hierdie module is teoreties veranker in ’n pragmatiese (kontekstuele) benadering tot die studie van taal. Hierdie benaderingswyse berus op die aanname dat daar in die taalkundige besinning oor taal uitgegaan moet word van ’n interafhanklike verband tussen die vorm, funksie en konteks van taal. Dienooreenkomstig word taalgebruiksverskynsels soos vokatiefgebruike, naamgewing en woordvorming bestudeer met besondere fokus op die talige neerslag van kontekstuele/pragmatiese faktore en histories-gefundeerde sosiale kragte.
NEDERLANDSE STUDIES A (AFR 222)

Die module is gerig op die ontwikkeling  van die reeds aanwesige vermoë by studente met ’n eerstetaalkennis van Afrikaans om Nederlands op die hoogste vlak te lees. Die fokus is op die basiese grammatikale struktuur, die eiesoortige kulturele konteks en die analise van moderne Nederlandse letterkunde.

AFRIKAANS VIR DIE TAALPROFESSIES

1STE SEMESTER 2DE SEMESTER
DIE AFRIKAANSE DIGKUNS (AFR 211)

Hierdie module fokus op die ontwikkeling van die Afrikaanse digkuns en ondersoek die oeuvres van die belangrikste Afrikaanse digters. Daar word veral aandag gegee aan die voorkoms van sekere digsoorte en temas.
AFRIKAANS JOERNALISTIEK EN MEDIASTUDIES A (AFR 241)

Die Afrikaanse taal word uitgebrei in alle mediagebruike: koerante, tydskrifte, radio, TV en internet. Die kursus ondersoek die aard en wese van die joernalistiek in die diverse moderne media. Die module bevat in aansluiting hierby ’n praktiese komponent waarin van studente vereis word om  basiese joernalistieke tekste krities-analities te benader, deurdink en te skryf.
AFRIKAANS DOKUMENTONTWERP EN TEKSREDAKSIE A (AFR 231) 

Die module bevat ’n teoretiese en praktiese komponent en dek die volgende aspekte:
  • skep van tekste vir die taalpraktyk, soos sakebriewe, verslae, notules, ens.;
  • kennismaking met norme en taalkwessies;
  • kennismaking met die teorie en praktyk van teksredigering.
Teen einde van kursus behoort student volgende te kan doen: 
  • ’n verskeidenheid tekste vir ’n omvattende reeks kontekste te skep; en
  • die vaardigheid hê om verskillende tekste te redigeer en hul redigering te verantwoord.
VERTAALKUNDE A (AFR 243) 

Die module val inhoudelik uiteen in ’n teoretiese komponent waarin die aksent val op die grondslae van en verskillende benaderings tot vertaling en ’n praktiese komponent waarin die aandag toegespits word op vertaaltegniese aspekte en vertaalstrategieë.

DERDEJAARSVLAK

AFRIKAANS EN NEDERLANDS

1STE SEMESTER 2DE SEMESTER
GESKIEDENIS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE KONTEKSTUELE TAALKUNDE (AFR 321)
LITERATUUR (AFR311)

Hierdie module fokus op bepaalde periodes in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Daar word veral aandag gegee aan die literatuur van die Sestigers asook tendense in resente skryfwerk.


 


Hierdie module behels ’n verdieping van die tweedejaarmodule TAAL AS SOSIALE KONSTRUKSIE en is eweneens teoreties veranker in ’n pragmatiese of kontekstuele benadering tot die studie van taal. Inhoudelik behels die module ’n studie van die variëteite van Afrikaans, die rekonstruksie van die pragmatiese kontekste van diverse tekstipes en die bepalende invloed van kontekstuele faktore op tekstuele keuses. Tekstipes wat aan die bod kom, sluit in: joernalistieke tekste, letterkundige tekste, religieuse tekste, resepte, onderhoude, openbare redevoeringe, sportkommentaar, ensovoorts.
NEDERLANDSE STUDIES B (AFR 312)

Hierdie module is gebaseer op ’n moderne retoriese en diskoersanalitiese benadering tot tekste. ’n Verskeidenheid Nederlandse tekste uit die laat 19de eeu tot op hede word geanaliseer om die retoriese en diskursiewe strategieë te leer begryp teen die agtergrond van kontekstuele faktore asook die politieke en kulturele geskiedenis.
AFRIKAANSE NAAMKUNDE (AFR 322)

Hierdie module vind aansluiting by die tweedejaarmodule TAAL AS SOSIALE KONSTRUKSIE. Naas ’n verkenning van die aard en fokusterreine van Naamkunde (Onomastiek) as studiegebied word daar binne die raamwerk van ’n pragmatiese (kontekstuele) analise van taal ’n studie gemaak van aspekte soos die onderskeidende aard van verskillende naamtipes (persoons-, plek- en saakname), die historiese oorsprong en/of etimologie van name en die talige neerslag van kontekstuele faktore en/of sosiale kragte op naamgewing.

AFRIKAANS VIR DIE TAALPROFESSIES

1STE SEMESTER 2DE SEMESTER
GESKIEDENIS VAN DIE SUID- AFRIKAANSE LITERATUUR (AFR311)

Hierdie module fokus op bepaalde periodes in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Daar word veral aandag gegee aan die literatuur van die Sestigers asook tendense in resente skryfwerk.


 
AFRIKAANSE JOERNALISTIEK EN MEDIASTUDIES B (AFR 341)

Dit is ’n voorsetting van Afrikaanse Joernalistiek en Mediastudies A wat op tweedejaarvlak aangebied word. Daar word hier op ’n gevorderde vlak van abstraksie gewerk wat meer gevorderde praktiese werk vereis waaronder etiese kwessies en die aard en impak van bestaande media-wetgewing asook die skryf van diepte-artikels. Groter klem word geplaas op die ontwikkeling van die “nuwe media” (elektroniese media, ens.) en die uitdagings wat hierdie ontwikkelings inhou vir die joernalistiek, veral die beoefening van etiese joernalistiek. Die fokus is op etiese, politieke en regskwessies asook die verdere slyp van ’n krities-analitiese en etiese benadering tot die skryf van  ’n verskeidenheid joernalistieke tekste.
AFRIKAANSE DOKUMENTONTWERP EN REDIGERING B  (AFR 331)

Die kursus bou voort op die tweedejaar en fokus op die verdieping van teoretiese kennis oor en praktiese vaardigheid in die redigering van verskillende praktykgerigte tekste.

Teen einde van kursus behoort student die vaardigheid te hê om verskeie tekstipes te redigeer en redigeerkeuses te verantwoord.
VERTAALKUNDE B (AFR 333)

Die module bou voort op Vertaalkunde A en val inhoudelik uiteen in ’n teoretiese komponent waarin die aksent val op die grondslae van en verskillende benaderings tot vertaling en ’n praktiese komponent waarin die aandag toegespits word op vertaaltegniese aspekte en vertaalstrategieë.




 
Loading...